NWR neem kennis van klagtes, in aanloop tot vakansie
Met die vakansieseisoen wat nader kom en gesinne wat graag reis is sommige bekommerd of Namibia Wildlife Resorts se lodges ideaal is. Die NWR het kennis geneem van klagtes op sosiale media platforms oor sommige van die infrastruktuur en dienste by lodges, hoofsaaklik binne die Etosha Nasionale Park. NWR se woordvoerder, Nelson Ashipala, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle is besig met opgraderings om hul fasiliteite op internasionale vlak te bring.