Vrou steeds in selle na sy haar man doodry
‘n Vyf-en-dertig-jarige vrou wat teregstaan op aanklagte van moord op haar man nadat sy hom met ‘n voertuig omgery het, sal Maandag in die Distrikshof in Delmas, Mpumalanga verskyn vir ‘n formele borgtogverhoor. Samantha Gauche is tans in aanhouding omdat sy na bewering ‘n voertuig gebruik het om Leon Jansen van Rensburg om te ry tydens ‘n onderonsie by vriende se huis in Sundra. Gauche word aangekla dat sy verskeie kere oor haar man gery het voor sy op die vlug geslaan het. Jansen van Rensburg is op die toneel dood verklaar. Die polisiewoordvoerder, Selvy Mohlala, doen ‘n beroep op slagoffers van gesinsgeweld om hulp te soek.