Hoërhof stop plan om Unisa onder administrasie te plaas

Die Hooggeregshof in Pretoria het ‘n interdik teen die hoër onderwys-minister, Blade Nzimande, uitgereik wat hom verhinder om Unisa onder administrasie te plaas. Dit volg op ‘n hofaansoek wat deur die universiteit se raad ingedien is nadat Nzimande gister ‘n kennisgewing van sy voorneme beteken het. Nzimande se besluit volg op verslae van die onafhanklike assessor, Themba Mosia, wat finansiële en wanadministrasie-kwessies onthul het wat Unisa se werksaamhede raak. Regter Harshila Kooverjie het beslis Nzimande se kennisgewing is teenstrydig met ‘n vorige hofbevel wat in Augustus toegestaan is.