Withuis-woef Commander byt weer, word verwyder
Die Amerikaanse president Joe Biden se twee-jarige Duitse herdershond Commander is uit die Withuis verwyder. Hy het blykbaar weer iemand gebyt en was ook by meer bytvoorvalle betrokke as wat voorheen bekend was. Die Geheime Diens het erken dat 11 van sy agente gebyt is. Dit kom na Major, die Bidens se ouer herdershond ook verwyder is en nou by familie bly. Kenners meen die Withuis is ‘n stresvolle omgewing.