Just Stop Oil onderbreek Le Mis op West End
Brittanje se Just Stop Oil hou nie op nie. ‘n Opvoering van die gewilde musiekblyspel Les Miserables in die West End in Londen is deur lede van die Britse omgewingsdrukgroep ontwrig. Die aktiviste van Just Stop Oil het op die verhoog gestorm en hulself aan die stel vasgeketting, waarna die ouditorium ontruim is. Die polisie sê vyf mense is in hegtenis geneem. Hannah Taylor van die organisasie, die musiekblyspel begin waar Jean Valjean brood vir sy suster se sterwende kind steel en vra hoe lank dit sal neem voordat almal genoodsaak sal wees om brood te steel.