Reaksie op verwerping van sanitêredoekie-wet in NV
Swapo-parlementariërs het Woensdag ‘n private lede wetsontwerp uitgestem wat die gratis verspreiding van sanitêre produkte aan minderbevoorregte skoolmeisies wou implementeer. Duisende skoolmeisies wat nie sanitêre doekies kan bekostig nie, word gedwing om maandeliks vir ‘n paar dae tuis te bly en nie skool toe te gaan nie. Faustina Caley, adjunkminister van onderwys, het opgestaan en die wetsontwerp verwerp. Sister Namibia se redakteur, Ethne Mudge, het teenoor Kosmos 94.1 Nuus hierop reageer.