Killarney is gasheer vir FIA Veldtydren die naweek
Die Stad Kaapstad sê die FIA Veldtydren-kampioenskap waaraan net elektriese voertuie deelneem, keer die naweek terug na die internasionale renbaan in Killarney in die Moederstad om vir groot opwinding te sorg. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê die sport is ʼn samevoeging van tydren- en baanwedrenne waar tydrenvoertuie kop aan kop in kort, skerp wedrenne ongelooflike en verstommende hellings en spronge aandurf: