Internasionale federasie veroordeel Beukes-skorsing
Die skorsing van die besturende redakteur van die New Era-koerant, Johnathan Beukes, bly in die nuus. Hy het kritiek uitgespreek teenoor die regbank en gesê dit is nie deursigtig nie. Die kommentaar het gekom na die aanstelling van ‘n afgetrede Zimbabwiese regter Moses Chinhengo as Fishrot-regter. Die Internasionale Federasie van Joernaliste het sy misnoeë oor Beukes se skorsing uitgespreek. Hy sê hy veroordeel die stap en meen dit is ‘n doelbewuste aanval op persvryheid. Die federasie sê verder dat Beukes sonder enige klagtes teen hom, geskors is. Beukes het die kommentaar in ‘n hoofartikel gemaak en die federasie se sekretaris-generaal Anthony Bellanger sê wanneer skorsings vir opinies – soos in hoofartikels – plaasvind, is dit ‘n duidelike aanval op persvryheid. Bellanger doen ‘n beroep dat Beukes onmiddellik heraangestel word.