LP’s blokkeer McHenry se sanitêredoekie-wet

Die adjunk-onderwysminister Faustina Caley is in warm water na sy PDM-leier McHenry Venaani se mosie om ‘n wetsontwerp daar te stel om gratis sanitêre doekies aan skoolmeisies beskikbaar te stel, teengestaan het. Volgens Caley maak die sogenaamde geïntegreerde skool-gesondheidsbeleid reeds voorsiening daarvoor. Sy sê skole is lankal reeds opdrag gegee om kwesbare leerders te identifiseer en voorsiening vir hulle te maak. Daar is ook ‘n toelaag aan skole vir presies die doelwit. Venaani sê dit is ‘n skreiende skande en voeg by, indien dit dan so is, word dit nie gedoen nie omdat meisies steeds uit die skool uitbly. Hy sê ‘n afdwingbare wet is al wat ‘n verskil sal maak. Plaaslike media berig ook die adjunkminister van kinderwelsyn Lucia Witbooi kon nie sê watter skole voordeel uit die toelaag trek nie.