Air Namibia werkers soek hul pakette

Voormalige werknemers van Air Namibia, wat drie jaar gelede gelikwideer is, het Woensdag by die Namibiese finansiële-instellings toesighoudende owerheid se kantoor in Windhoek vergader oor hul skeidingspakkette. Die werkers wag nog steeds vir van hulle geld. Weens ‘n gebrek aan kommunikasie tussen die likwidateurs en Namfisa soek hulle antwoorde by die finansiële reguleerder. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die groep, Renier Bougard, gepraat wat hul situasie verduidelik.