Onwettige taxi’s is gevaarlik, publiek moet na vore kom
Ongelisensieerde voertuie en operateurs is ‘n welbekende probleem in Namibië. ‘n Luisteraar van Rehoboth het Kosmos 94.1 Nuus gekontak en beweer daar is onwettige voertuie wat pendelaars teen ‘n hoër fooi van die dorp na Windhoek vervoer. Die gebruik van ongelisensieerde taxi’s en saamrydienste is onwettig en stel passasiers en die publiek in gevaar. Kosmos 94.1 Nuus het met die vervoerministerie se woordvoerder, Julius Ngweda, gesels. Hy moedig lede van die publiek aan om voertuie wat sonder ‘n openbare passasierspermit van die Namibiese vervoerraad werk, aan te meld sodat hulle vervolg kan word.