Chinese Ope: Sinner kom teen Medvedev te staan

Jannik Sinner kom in die eindstryd van die Chinese Ope teen die Rus, Daniil Medvedev, te staan nadat hy in die halfeindronde in Beijing met die topgekeurde Spanjaard Carlos Alcaraz afgereken het. Die sesde gekeurde Italianer het 7-6, 6-1 geseëvier in sy vierde oorwinning oor die wêreld se nommer twee, wat hom al drie keer verslaan het. Medvedev het die Duitser Alexander Zverev in die halfeindronde geklop. In die vroue-afdeling is die topgekeurde Aryna Sabalenka van Belarus, Iga Swiatek van Pole, die Amerikaner Coco Gauff en Elena Rybakina van Kazakstan almal deur na die ronde van 16.