Engelse flank sien uit na Wêreldbeker aksie

Rugby: Die Engelse flank, Tom Curry, sê hy kan nie wag om na die speelveld by die Wêreldbeker terug te keer nie. Curry het nog nie weer vir Engeland gespeel van sy rooikaart in die derde minuut van hulle oorwinning in die openingswedstryd teen Argentinië nie. Hy is nou beskikbaar om Saterdag in hulle laaste wedstryd in Groep D teen Samoa te speel. Engeland het reeds na die uitklopfase deurgedring na oorwinnings in hulle eerste drie wedstryde teen Argentinië, Japan en Chili.