Ons hoop Menzies is nou klaar met sy hofaansoeke – NAC

Die Namibiese Lughawenmaatskappy het gereageer op die uitspraak deur regter Shafimana Ueitele wat Menzies Aviation se aansoek van die hand gewys het. Menzies het in ‘n interlokutêre aansoek gevra vir sy redelike kennisgewing om die perseel by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe te verlaat, soos vroeër deur Shafimana bevind is. Die maatskappy se woordvoerder, Dan Kamati, sê hy hoop daar kom nie nog ‘n hofaansoek nie.