Verpleër vas oor omkoopgeld vir aborsie

’n Manlike verpleegkundige by die Sead-gemeenskap-gesondheidsorgsentrum in Bethal, Mpumalanga, is tot agt jaar tronkstraf gevonnis vir korrupsie. Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Thandi Tshabalala, het gesê Martin Mandla Mlotshwa het omkoopgeld geëis van ‘n pasiënt wat mediese hulp gesoek het om haar swangerskap te beëindig. Mlotshwa het aan die pasiënt gesê die dienste is nie beskikbaar nie aangesien die swangerskap reeds 12 weke was. Hy het egter omkoopgeld van 700 Suid-Afrikaanse rand versoek om haar by te staan. Mlotshwa is in hegtenis geneem toe hy die geld in 2019 ontvang het.