Tweede malaria-entstof goedgekeur
Die VN se gesondheidsagentskap het ‘n tweede malaria-entstof vir kinders aanbeveel. Byna ‘n halfmiljoen kinders in die Afrika-streek sterf jaarliks aan die siekte, wat veroorsaak word deur ‘n parasiet wat deur muskiete gedra word. Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê die nuwe R21/Matrix-M-entstof, ontwikkel deur Brittanje se Oxford Universiteit en vervaardig deur die Serum-instituut in Indië, is reeds goedgekeur vir gebruik in Burkina Faso, Ghana en Nigerië.