Boodskapper-RNS-tegnologie wen Nobelprys
Die Hongaarse wetenskaplike Katalin Kariko en haar Amerikaanse kollega Drew Weissman, wat in die ry by ‘n fotostaatmasjien ontmoet het, het die Nobelprys vir Medisyne ontvang. Die twee het boodskapper-RNS-tegnologie ontwikkel oor ‘n periode van 20 jaar. Die tegnologie is uiteindelik benut in die meer as 13 miljard Covid-entstowwe van Pfizer en Moderna wat toegedien is. Volgens die Nobel-stigting het die twee wetenskaplikes bygedra tot die ongekende tempo van entstofontwikkeling tydens een van die grootste bedreigings vir menslike gesondheid in moderne tye.