Trump beloof om vandag in New York te verskynOctober 2, 2023
Oudpresident Donald Trump van Amerika het beloof om vandag in ʼn New Yorkse hof te verskyn om sy naam en reputasie skoon te kry. Die stad se prokureur-generaal, Letitia James, het verlede jaar die siviele bedrogsaak ingedien teen Trump, sy oudste seuns, hulle maatskappye en talle uitvoerende hoofde. James eis skadevergoeding van ongeveer 4,7 miljard Namibiese dollar. Dit volg na ʼn hofuitspraak verlede week dat die oudpresident vir bedrog aanspreeklik word omdat hy vir tien jaar sy eiendomme op finansiële state oorwaardeer het.