Proteas draf weer uit teen Nieu-Seeland
Suid-Afrika en Nieu-Seeland se vrouespanne kom vandag in die laaste eendagwedstryd in Durban teen mekaar te staan. Die Proteas het reeds die reeks met hulle oorwinning in Pietermaritzburg in hulle guns beklink. Die Proteas het beïndruk deur die teiken van 253 te haal met nog sewe paaltjies staande en 28 balle oor. Die waarnemende kaptein, Laura Wolvaardt, het ‘n onoorwonne 124 aangeteken na sterk vennootskappe met Suné Luus en Marizanne Kapp. Die spanne pak mekaar Vrydag in die eerste van ‘n reeks van vyf T20-wedstryde.