Cholera neem toe in Sudan – WGO

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê Sudan het ‘n cholera-uitbreking verklaar in Gedaref, waar 264 vermeende gevalle van cholera, vier bevestigde gevalle en 16 sterftes wat daarmee verband hou aangemeld is. Ondersoeke duur voort om vas te stel of die uitbreking ook versprei het na Khartoem en Kordofan-Suid, waar toenemende gevalle aangemeld is. Die organisasie ontplooi vinnige reaksiespanne na die gebiede wat geraak word en steun die Gesondheidsdepartement aktief om monsters van vermeende choleragevalle na die Openbare Gesondheidslaboratorium in Port Sudan oor te dra.