Finansiële belange speel rol in KZN se politieke moorde
Die president van die Inkatha Vryheidsparty, Velenkosini Hlabisa, sê finansiële belange speel ‘n beduidende rol in vermeende politieke moorde. Dit volg op ‘n verslag deur die minister van Polisie, Bheki Cele, wat aandui 31 raadslede van die ANC, 14 van die IVP, vier van die Nasionale Vryheidsparty, twee van die EFF en twee van die African Christian Democratic Party is in ‘n vlaag aanvalle vermoor. Hlabisa het wetstoepassingsagentskappe versoek om vinnig op te tree en die skuldiges te straf om hierdie kwessie te pak en die voortslepende moorde te beëindig.