Landbou-skade in Wes-Kaap kan impak hê op Namibië
Die bekende landbou-ekonoom Dr Kobie Laubscher sê die verwoestende vloede in die Wes-Kaap verlede naweek het verreikende gevolge, wat na Namibië kan uitbrei. Dit is omdat die land canola-kookolie, veevoer en graan invoer, hoofsaaklik uit Suid-Afrika. Die eerste syfers wat ontvang is na die oorstromings dui op skade van byna 14 miljard Suid-Afrikaanse rand in die landbousektor. Die Kaapse Wynlande is die ergste getref en skade daar beloop tans 800 miljoen rand. Skade in die Overberg, wat vroeër ‘n rekord-koringoes verwag het, is nog nie beraam nie. Laubscher is aan die woord:
Op ‘n vraag of dit ‘n impak op voer vir diere gaan hê, het hy geantwoord: