Phaahla bekommerd oor Tesourie se besnoeiings
Die buurland se gesondheidsminister, Joe Phaahla, sê hy is bekommerd dat Nasionale Tesourie se kostebeperkingsmaatreëls ʼn negatiewe uitwerking op die gehalte van gesondheidsdienste sal hê. Tesourie stel tans ʼn aantal besparingsmaatreëls in om staatsuitgawes te besnoei. Dit sluit in dat geen goedere gehuur word nie en geen nuwe verkrygingskontrakte vir infrastruktuurprojekte sal geadverteer word nie. Phaahla sê die openbare gesondheidsektor is gevoelig vir begrotingsbesnoeiings en is reeds onder druk oor ʼn groeiende las van siektes.