Werkskepping misluk in SA
Die GOOD Party in Suid-Afrika sê die 39 000 werksgeleenthede wat tussen Maart en Junie vanjaar geskep is, word verwelkom maar sal min bydra om die werkloosheidkrisis in die land te beëindig. Altesaam 13,3 miljoen landsburgers is nie ekonomies aktief nie. Die GOOD Party se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê hy is ook bekommerd oor tydelike of deeltydse werke wat geskep word en ʼn vals beeld skep dat die indiensnemingsmark gunstig is: