Babastortings agtergekom deur honger mense wat vir kos soek

Babastortings was onlangs in die nuus met twee voorvalle waar die babas gevind is omdat mense vir kos gesoek het. In die mees onlangse geval is die lewelose liggame van tweeling-seuntjies by die Kupferberg-stortingsterrein in die hoofstad gevind deur ‘n man wat kos op die terrein gesoek het en vroeër die maand is die liggaam van nog ‘n baba in ‘n vullisdrom Rocky Crest gevind deur iemand wat ook na kos gesoek het. Kosmos 94.1 Nuus het die president van die Republikeinse Party, Henk Mudge gepols oor beide nuusberigte en die lewe deesdae in Namibië, in die lig van president Hage Geingob se leuse van ‘niemand sal in die Namibiese huis agter gelaat word nie’.

Mudge sê hy hoop dat volgende jaar se verkiesing verandering sal bring.