Bekostigbare vis lok honderde na skou

Honderde Namibiërs stroom na die NovaNam-uitstalling by die Windhoek Skou met die doel om vis in grootmaat te koop, teen wat die meeste beskryf as baie bekostigbare pryse. NovaNam-woordvoerder Robertha Jansen sê omdat NovaNam nie ‘n winkel in sentraal en noordelike Namibië het nie, maak mense gebruik van die geleentheid om elke jaar hul uitstalling te besoek en soveel vis te koop as wat hulle kan. Sy voeg by hulle verkoop nie om wins te maak nie, maar eerder om ‘n produk wat hulle gewoonlik uitvoer te lewer aan mense wat nie toegang daartoe het nie.