Nuwe egskeidingswet op pad
Die justisie-minister Yvonne Dausab het verlede jaar ‘n mosie om die egskeidingswet by te werk in die parlement ter tafel gelê, onder meer om die skuld-gebaseerde stelsel waarvolgens egskeidings aangevra en toegestaan word, te verwyder. Die minister het tydens die ministerie se kabinetskomitee-inligtingsessie gesê die voorgestelde stuk wetgewing is in die finale opstel-stadium en sal daarna aan die prokureur-generaal gestuur word vir sertifisering, voordat dit in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê word. Chisom Obiudo, die ministerie se hoofregsbeampte, deel die voorgestelde proses om te skei.
Obiudo noem dat die ministerie ‘n nuwe vereiste ingestel het dat egskeidingsake in die streekhof hanteer moet word.