Groot kragonderbreking vir Cenored kliënte op 7 Oktober
Cenored sê daar sal op 7 Oktober ‘n kragonderbreking in sy Okahandja en Ovitoto netwerke vanaf sewe-uur die oggend tot sewe-uur namiddag plaasvind. Die onderbreking is ter voorbereiding van die reënseisoen wat gewoonlik die netwerklyne beskadig of vernietig. Kosmos 94.1 Nuus het met die kragverspreider se woordvoerder Charlie Matengu gesels wat meer besonderhede gee.