ActionSA kap jeug-agentskap oor ANC-bande
ActionSA veroordeel die verdere verpolitisering van die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap. Volgens ActionSA dien ‘n vergadering by Luthuli-huis tussen die agentskap se raadsvoorsitter, Asanda Luwaca, die uitvoerende hoof, Waseem Carrim, en amptenare van die ANC-Jeugliga, as onweerlegbare bevestiging van die twyfelagtige verhouding tussen die ANC en die agentskap. ʼn Woordvoerder van ActionSA, Hluphi Gafane, sê dit is diepgaande kaderontplooiing wat bygedra het tot die volledige ineenstorting van byna alle regerings-instellings in die land.