VN se asielstelsel werk 100%, Braverman aantygings verwerp
Die Verenigde Nasies se vlugtelingagentskap sê hy verwerp die Verenigde Koninkryk se minister van Binnelandse Sake, Suella Braverman, se bewerings dat die huidige asielstelsel nie meer sy doel dien nie. Braverman het in Washington DC gesê die huidige migrasievlakke ondermyn bestendigheid en bedreig sekuriteit in die samelewing. Sy het gevra dat, wat sy noem die verouderde internasionale stelsel, hervorm word. Die VN-vlugtelingagentskap sê die behoefte is nie aan hervorming nie, maar vir sterker en volgehoue toepassing van die konvensie en sy onderliggende beginsel van gedeelde verantwoordelikheid.