Plaaslike damme sak steeds verder

Volgens NamWater se jongste dambulletin is bronne vir die sentrale gebied tans op 29,6 persent met von Bach op 19,7 persent van kapasiteit en Swakoppoort wat 57,3 persent vol is. Omatako is leeg. In die Suide is daar net meer as 2 miljoen kubieke meter water vanuit Hardapdam in die afgelope week gepomp na die grondskema toe met die dam wat op 29,3 persent staan. Oanob by Rehoboth is 53,3 persent vol en die Nautedam by Keetmanshoop is op 55,9 persent van kapasiteit. Neckartaldam is tans op 89,6 persent. Die Ooste se bronne wek kommer met totale beskikbare waterbronne wat tans op 6,1 persent staan. Otjiverodam is 8 persent vol en die twee Viljoendamme by Gobabis is op 29,6 en 4,4 persent.