Forum eis Ramaphosa se bedanking oor beurtkrag en werkloosheid

Die Aktiviste- en Burgersforum in die buurland eis die onmiddellike bedanking van president Cyril Ramaphosa en sy regering te midde van die beurtkrag- en werkloosheidkrisis. Die groep vra ‘n tussentydse regering moet aangestel word en sê die huidige leierskap het misluk. Die woordvoerder van die forum, Dennis Bloem, voer aan die regering se onvermoë om die verwoestende uitwerking aan te spreek van die voortslepende beurtkrag op die reeds sukkelende ekonomie het gelei tot stygende werkloosheid, veral onder jongmense, voedselonsekerheid en maatskaplike onrus.