Ierland troef Bokke na kampioene se droewige skopwerk
Rugby: Ierland is nader aan die Rugby Wêreldbeker-kwarteindronde ná ‘n opwindende oorwinning van 13-8 oor Suid-Afrika, in ‘n spannende Groep B-wedstryd in die Stade de France gisteraand. Die Bokke het weereens ‘n droewige skopdag gehad met 11 punte wat verlore gegaan het omdat Manie Libbok en Faf de Klerk nie hulle skopskoene aangehad het nie. Die spanne het elk ‘n drie gedruk. Die Iere. wat eerste in die groep is, rond oor twee weke hul veldtog teen Skotland af terwyl die Springbokke, wat tweede is, Sondag in hulle laaste groepwedstryd teen Tonga speel.