Rusland moet beter omsien na menseregte
Die Verenigde Nasies se Menseregteraad doen ‘n beroep op Russiese owerhede om omvattende menseregte-hervormings in te stel om die skade wat die afgelope twee dekades aangerig is, te herstel. Die VN het berigte ontvang van marteling en swak behandeling in aanhouding, insluitend seksuele geweld en verkragting deur wetstoepassers wat betogers teen oorloë teiken. ‘n Woordvoerder van die raad, Mariana Katzarova, sê die menseregte-situasie het vinnig verswak ná Rusland se volskaalse inval in Oekraïne in Februarie verlede jaar: