Ondersoek na duikbootramp by Kommetjie
Die Suid-Afrikaanse Vloot sê ‘n ondersoek na die duikboottragedie aan die kus by Kommetjie in die Wes-Kaap sal binnekort begin. ‘n Reusegolf het Woensdag lede van die vloot van ‘n duikboot afgeslaan. Drie is dood en vyf beseer. Die SAS Manthatisi-duikboot was op pad na die Tafelbaai-hawe om deel te neem aan die naweek se SA Vlootfees toe die voorval plaasgevind het. Die fees is intussen afgestel. Admiraal Musawenkosi Nkomonde van die Vloot sê alle veiligheidsmaatreëls is nagekom en die seesoldate het reddingsbaadjies gedra.