Numsa soek hernubare energie-plek vir Eskom
Die metaalwerkersvakbond Numsa eis Eskom moet 70 persent van die hernubare energie-ruimte toegewys word, vir die energie-oorgang om as regverdig beskou te word. Die nasionale woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die privaat sektor moet die oorblywende 30 persent kry. Hlubi-Majola beklemtoon steenkoolkragstasies moet nie gesluit word nie, aangesien hernubare energie nie altyd beskikbaar is nie en ‘n onbetroubare bron van energie is. Sy sê Eskom het die vermoë om beurtkrag te beëindig: