SA Reserwebank hou repokoers onveranderd

‘n Namibiese ekonoom het sy reaksie gegee op die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee se besluit om die terugkoopkoers onveranderd op 8,25 persent te hou. Prima uitleenkoerse sal op 11,75 persent bly. Die Namibiese repokoers staan op 7,75 persent en die Bank van Namibië sal sy aankondiging op die 25ste Oktober 2023 doen. Sirrus-ekonoom, Robert McGregor, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.