AfriForum bekommerd oor hantering van haatspraak

AfriForum het ‘n mondelinge voorlegging gedoen oor die Wetsontwerp op die Voorkoming en Bekamping van Haatmisdade en Haatspraak voor die Parlement se gekose komitee vir Veiligheid en Geregtigheid. Hulle het kommer uitgespreek oor dubbele standaarde in die handhawing van haatspraak, veral in verband met hofbeslissings, die regering se toepassing van wetgewing en media-veroordeling. Ernst van Zyl van AfriForum glo die wetsontwerp kan hierdie teenstrydighede vererger en deur die ANC vir politieke doeleindes misbruik word: