Drie Afrika-lande kry vroeë waarskuwingstelsels

Tsjad, Somalië en Ethiopië is die eerste drie Afrika-lande wat sal baat by ‘n nuwe, grootskaalse poging om potensieel lewensreddende vroeë waarskuwingstelsels in van die wêreld se mees klimaat-kwesbare lande te vestig. Die inisiatief deur die VN se Ontwikkelingsprogram sal ook Antigua en Barbuda, Kambodja, Ecuador en Fidji dek. Die Groen Klimaatsfonds sal ‘n aanvanklike inspuiting van sowat 25 miljoen Namibiese dollar verskaf om ‘n veel groter poging van stapel te stuur wat bedoel is om byna 3 miljard Namibiese dollar van die fonds en sy vennote te voorsien om die stelsels te bevorder.