Ondersoek na brand by Jhb-belastingkantoor van stapel gestuur

Die kantoor van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens in Johannesburg het Woensdag ‘n brand in die kelder ervaar. Die gebou het geen geslotekring-televisies in die gebied nie en dit is onduidelik hoe die brand ontstaan het maar, belastingrekords is verwoes. Die adjunkkommissaris van die diens, Johnstone Makhubu sê ‘n ondersoek is reeds gelas.