Mediese hulp en klinieke steeds benodig in Libië

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het ‘n waarskuwing uitgereik oor ‘n moontlike tweede krisis in Libië se oorstroomde noordoostelike dele. Daar bestaan toenemende kommer oor oordraagbare siektes wat kan uitbreek weens besmette water. Die vloede het duisende mense se lewens geëis, met 40 000 mense wat ontwortel is. ‘n WGO-verteenwoordiger, Ahmed Zouiten, het verklaar dat die VN-agentskappe wat op die ramp reageer, alles inspan om die uitbreek van siektes te voorkom.