GRN wil water in soutblok ontsout en ‘n dam op die Oranje bou
Kritiek word uitgespreek teenoor planne deur die Namibiese regering om nie net ondergrondse water in die sogenaamde soutblok in die suidweste van die land te ontsout nie, maar ook oor planne om saam met Suid-Afrika ‘n dam op die Oranje-rivier te bou. President Hage Geingob het die aankondiging in New York gemaak by ‘n geleentheid oor water en watervoorsiening ingevolge die volhoubare doelwitte van die VN. Maar, na 5,4 miljard dollar op die reuse-Neckartaldam bestee is lê die dam, wat 850 miljoen kubieke meter water kan vat, amper vol en totaal onbenut. Die LPM se Willem Labuschagne op Keetmanshoop het met Komsos 94.1 Nuus gepraat.
Kenners meen enige fondse wat op die beplande ontsoutingsprojek en die nuwe dam bestee sal word moet eerder na die 500-kilometer lange noordelike rivier verskuif word daar genoeg bevolking en water is om landbou te bedryf.