Japan se bevolking is oud, baie oud

Vir die eerste keer in die geskiedenis is meer as een uit elke tien mense in Japan nou 80 of ouer. Nasionale data toon ook dat net meer as 29 persent van die bevolking van 125 miljoen 65 jaar of ouer is, wat ʼn nuwe rekord is. Japan het een van die laagste geboortesyfers ter wêreld en sukkel al lank met hoe om vir sy verouderende bevolking te voorsien. Volgens die Verenigde Nasies het die land die wêreld se oudste bevolking, gemeet aan die persentasie mense van 65 jaar of ouer.