Rusland is alleen verantwoordelik vir oorlog
Die Amerikaanse president Joe Biden het ‘n beroep op wêreldleiers gedoen om op te staan teen Rusland se aggressie, en sê Moskou kan nie toegelaat word om Oekraïne sonder gevolge te verwoes nie. Hy het by die jaarlikse Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies in New York gepraat. Biden sê Rusland alleen dra die verantwoordelikheid vir die oorlog in Oekraïne, en het alleen die vermoë om die oorlog onmiddellik te beëindig. Hy het belowe die VSA sal voortgaan om die dapper inwoners van Oekraïne by te staan terwyl hulle veg vir hul soewereiniteit, gebiedsintegriteit en vryheid: