ActionSA in hof oor My Vote Counts-saak

ActionSA sê sy regspan sal vandag in die Hooggeregshof in die Wes-Kaap verskyn om as verweerder in te gryp in die My Vote Counts-saak. Samkelo Mgobozi van ActionSA sê My Vote Counts poog om sekere bepalings van die Wet op die Befondsing van Politieke Partye ongrondwetlik te laat verklaar, wat ‘n openbaarmakingsperk op elke skenking van enige grootte, selfs onder die huidige drempel, plaas en die jaarlikse maksimum wat deur ‘n individuele skenker geskenk mag word verminder: