Okahandja maak plan met stortingsterrein

Die stortingsterrein by Ekunde nr. 5 in Okahandja het in ‘n gesondheids gevaar ontaard weens skerp rook in die omgewing en onhigiëniese toestande. Daar word elke aand van die rommel aan die brand gesteek, en ook elektrisiteitsdrade word verbrand om die rubber af te kry sodat die koperdraad maklik bekom kan word. Inwoners vra sedert 2020 dat die perseel ver van woongebiede af verskuif word. Kosmos 94.1 nuus het met Charl Coetzee van die Okahandja Belastingbetalersvereniging gesels wat sê iets gaan nou aan die saak gedoen word.