Cyril doen beroep vir beëindiging van geslagsgeweld by VN

President Cyril Ramaphosa het ‘n wêreldwye oproep tot aksie uitgereik waarin hy ‘n beroep doen vir die beëindiging van geslagsgeweld om die regte van vroue te beskerm. Ramaphosa het tydens die UNICEF Hoëvlakvennootskap vir Moeder-, Pasgebore- en Kindergesondheid in New York gepraat en ontstellende statistieke van die Wêreldbank uitgelig. Dit onthul een-derde van vroue wêreldwyd word deur intieme metgeselle en ander mense mishandel. Hy sê sulke ongelykheid hou katastrofiese gevolge in vir die regte van vroue, kinders en adolessente: