Kiëf wil buurlande dagvaar oor graanverbod

Kiëf oorweeg dit volgens berigte om Pole, Hongarye en Slowakye te dagvaar oor hul verbod op Oekraïnse landbouprodukte. Die Oekraïnse handelsverteenwoordiger, Taras Kachka, word aangehaal waar hy sê Kiëf kan ook wedersydse maatreëls op Pole afdwing as Warskou nie sy bykomende stappe laat vaar nie. Die drie lande sê hulle tree op in die belang van hulle ekonomieë en die stap is daarop gerig om hul boere te beskerm. Hulle kla ‘n oorvloed Oekraïnse graan bedreig hulle plaaslike markte.