54% kweekhuisgasse as jy van die huis af werk

Werknemers in Amerika wat heeltyd van die huis af werk verminder hulle kweekhuisgasvrystelling met 54 persent teenoor dié wat in ‘n kantoor werk. Dit is volgens ‘n studie wat in die Proceedings of the National Academy of Sciences gepubliseer is. Die hoofredes is dat minder kantoor-energie gebruik en minder uitlaatgasse weens daaglikse vervoer vrygestel word. Die skrywers waarsku dat mense wat van die huis af werk dit versigtig moet beplan om minder gasse vry te stel.