Gold Cup duur voort, Strauss gesels oor Bulle

Die African Rainbow Gold Cup – met 32 spanne van regoor Suid-Afrika – het op 8 September afgeskop na ‘n onderbreking van vier jaar en sal ‘n nuwe en opwindende uitklopformaat bekendstel, wat nog nooit tevore in die landwye klubkompetisie gesien is nie. Die finaal sal op 7 Oktober gespeel word. Willem Strauss, president van die Blou Bulle, sê klub rugby is van die belangrikste elemente om die spel te ontwikkel. En terwyl alle oë op Frankryk is met die Wêreldbeker, duur wedstryde voort. Strauss het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.